Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
29
Aug

Vyf geheime vir ‘n sterker huwelik.

on Monday, 29 August 2016 12:00.

Vyf geheime vir ‘n sterker huwelik.

Almal droom van ‘n sprokiestroue – die perfekte huweliksmaat, die perfekte huis, die perfekte familie.

Bly verlief

Die 5 sleutels is dus…

  1. Stel God eerste.
    1. Lees saam uit God se word.
    2. Bid saam.
    3. Gaan saam gereeld kerk toe.
  1. Baklei regverdig.
    1. Hê vergifnis.
    2. Moet nie kwaad gaan slaap nie.
    3. Moet nie iets sê wat jy later gaan berou nie.
  1. Maak tyd vir pret.
    1. Moet nie net tyd maak vir pret nie, maak tyd vir mekaar.
    2. Bêre jou sellfoon en praat met mekaar.
  1. Bly rein.
    1. Laat jou metgesel in meer van jou lewe toe.
  1. Moet nooit opgee nie.
    1. Waar sien jy jou huwelik in 50 jaar?
    2. Waarheen is ons oppad met ons huwelik?
    3. Moet dit nie net dag vir dag vat nie.

Ek wil graag hêons almal moet natuurlik ‘n suksesvolle huwelik hê; en ek dink almal wil dit hê; maar jy kan ook die huwelik hê way God vir jou wil gee. Jy kan dit egter nie kry sonder God se hulp nie.

Dit maak nie saak wat in joou verlede gebeur het nie, vandag is ‘n nuwe dag, ‘n nuwe kans, ‘n nuwe begin. Van vandag af voorentoe kan ding anders wees, van vandag af voorentoe kan jy genesing vind en van vandag af voorentoe kan jy meer intiem wees. Van vandag af voorentoe kan jy waarlik vergewe soos jy vergewe is. Van vandag af voorentoe kan jy nader beweeg aan jou huweliksmaat as ooit tevore.

Print
26
Aug

Lichtenburg Groenlig Gemeenskaps Projek

on Friday, 26 August 2016 10:51.

Vandag het Madri Coetzee van Solidariteit Helpende hand by my in die ateljee kom kuier.

Ons het gepraat oor die LICHTENBURG GROENLIG GEMEENSKAPS PROJEK.

 

Ons verklaar oorlog teen dwelms in ons dorp.

 

FASE 1

BEWUS MAKING

Laat die groen ligte brand!!!

ACDC in Swart straat verskaf groen ligte aan ons teen kosprys. Ons vra dat elke inwoner van Lichtenburg ‘n groen lig gaan koop en elke aand van 7uur tot 8uur op hulle voorstoep sal brand om hulle steun vir hierdie projek te wys.

Ons wil graag ook die minisipaliteit betrek en van ons straatligte in die hoofstrate groen te laat brand teen dwelms!

Borde wat deur besighede geborg kan word is nog in die ontwerp proses. Hierdie borde wil ons by elke ingang van die dorp sit.

Die borde moet almal wat die dorp binne kom inkennis stel dat hierdie ‘n groen lig area is.  LICHTENBURG IS TEEN DWELMS!!

Daar sal ook kleiner borde wee swat elke besigheid by sy perseel kan posit. Ons kyk selfs na magnete wat jy teen joou kar kan posit.

Almal in die dorp is nie bewus van die enormiteit van die problem om ons nie.

Ons vra da tons as gemeenskap sal hande vat en saam staan TEEN DWELMS in ons dorp.

 

FASE 2

REHABILITASIE EN HELP

Ons wil mense help wat dwelms gebruik.

Ons gaan projekte loods om fondse hiervoor in te samel.

Skenkings is ook baie welkom.

 

FASE 3

SKOONMAAK

Ons wil die dorp skoon maak van “dealers” en hulle uit ons dorp kry met die hulp van die SAPS.

Enige insette, Hulp en ondersteuning sal warder word.

As ons almal saam staan en saam beklei sal ons, ons dorp en ons kinders kan beskerm teen dwelms.

 

 

Kontak gerus vir insette.

Madri Coetzee – 073 206 4660

Issie Nel           - 084 726 5240 

Print
16
Feb

BIOLINK

on Tuesday, 16 February 2016 14:23.

BIOLINK

KONTAK ELBIE PRETORIUS

TEL: 0837927195

www.biolink.co.za

Print
16
Feb

North West Mental Health

on Tuesday, 16 February 2016 14:21.

North West mental health

Langstraat 67 Lichtenburg

Tel: 0186320827

Print
24
Jan

MELLINS iSTYLE

on Sunday, 24 January 2016 12:08.

Mellins i.STYLE

Toets jou kind se oe gereeld   (alreeds van 3 jarige ouderdom)

Mellins Zeiss Visiesentrum: Waterfall Mall in Rustenburg

Tel: 0632141586

Of aanlyn afsprake by www.mellins.co.za

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload