Print
07
Aug

Sodwana groen kuier !

Ek laai graag n paar fotos van Sodwana se mooi natuur en ook blomme uit plaaslike tuine. Veral die blaremat op die woudvloer sal wys hoekom groen voorstaanders almal aanmoedig om n deklaag te gooi in jou beddings !! Dit maak natuurlik en finansieel sin ! Die deklaag behou vog , keer teen erge koue en ryp en voorkom ook onkruid groei ! En is kos vir erdwurms en dan weer vir die plante .

Onthou om die laaste naweek in Augustus oop te hou vir Clark's Tuinsentrum se 35 ste verjaardag en lenteviering met spesiale aanbiedinge !!

Snoei nou rose en vrugtebome , maar seel asseblief net die afgesnyde takke met roosseellaar en sny die takkies skuins om te keer dat water op die tak staan en siektes veroorsaak . Ludwig reken daar is nie n verkeerde manier van snoei nie , doen dit net !

Spaar op elke manier moontlik water. Gee soggens water en nie laatmiddag om rypskade te voorkom .

Geniet elke dag jou tuin en ons mooi natuur !!DSCN3804