Print
10
Jun

Grand Designs Home and Garden Show

Grand Designs se skou vanaf 24 -26 Mei 2013 by die Coca Cola Dome was n ondervinding. My fokus was natuurlik op die tuindeel en daar was die Saterdag 8 sprekers wat gesels oor aspekte van tuinmaak . Die neiging bly na al meer natuurlik , spit so min moontlik,maar maak kompos en gooi deklae sodat die grond natuurlik kan herstel . Jane Griffiths het geen tuinbou opleiding , maar haar eie tuin se ondervindinge het haar al 2 boeke laat skryf.

Anja Taschner , dogter van Ludwig van Ludwig's rose het gepraat oor rose se kleure en geure. Sy deel ook geskenke uit waaronder roosprodukte soos konfyt .  Tanya Visser van Die Tuinier tydskrif gesels oor tuinmaak en plant n pot vol plante terwyl sy verduidelik hoekom sy daardie plante gekies het. Sy gee die pot weg aan n gelukkige toeskouer.

Tuinraad vir Junie is om alles met rypdoek te bedek wat vatbaar is vir koue en ryp . En maak kompos van al die herfsblare of hark dit direk in jou beddings. Onthou - n deklaag :

                                             hou vog in grond

                                             hou grondtemperature konstant ,beskerm wortels teen koue

                                             verskaf voeding wanneer afgebreek deur natuur

                                             en verminder groei van onkruide

                                             en spaar jou geld !!

Bolle kan nog geplant word vir lentekleur ! Moenie te vroeg snoei nie , laat koue kan net jou nuwe uitloopsels laat doodryp. Lees die natuur , ons seisoene is effe later deesdae. En werk saam met en nie teen die natuur ! Die Skepper se plan altyd beter ! Geniet julle tuine en deel dit met vreugde !