Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Groen Vingers

Zelda Champion aanbieder van "Groenvingers" vertel elke Woensdag om 12:30 tot 13:00 wat jy in jou tuin kan doen. Sy nooi ook gaste na die ateljee en voer allerhande interessante onderhoude aangaande tuinbou. Zelda gee inligting deur i.v.m. kweek van plante, hoe om beddings voor te berei, hoe tuine uitgelê word met fokuspunte, watter plante in watter seisoen geplant kan word ens. Blomtuine en groente tuine is onder bespreking. Inligting waar blomskoue gehou word en werkswinkels aangebied word, word ook deurgegee. Indien jy nie na Woensdag se program kon luister nie, skakel Saterdagoggend in om 10:30 tot 11:00 vir die heruitsending van "Groenvingers".

Print
27
Feb

Soleil Roosplaas van Ludwig Taschner

on Thursday, 27 February 2014 14:19.

Soleil roosplaas.


Ek sit graag vir julle van die fotos op van die baie mooi rose op hierdie plaas ! Geniet dit !!

Print
02
Sep

Lente !

on Monday, 02 September 2013 11:43.

Tuinvriende, maak seker met hierdie laaste koue (hopelik) dat julle nie te vroeg begin natmaak nie. As die lug nog te koud is , sal jou plante doodryp as jy veral voor sonop natmaak . Kyk of jou besproeiing nie te vroeg gestel is nie. Ons het geleer dat die son die plante verder brand as dit die ys smelt op die plante , so ons is geleer om die ys af te spuit sodra die son uitkom . Maar maak seker dit is nie so koud dat die water weer ys op die plante nie. Na 12 uur moet jy ook eerder nie natmaak nie , sodat die water kan afdroog voor die nag se koue .

As die lente nou mooi hier is , sal ons missie wees om so veel moontlik kompos in ons tuine in te werk as voeding vir die grasperk en beddings. Jy kan ook kunsmis en/of ou kraalmis inwerk - maak net seker jy maak goed nat sodat jou plante nie brand nie. Gebruik eerder stadigvrystellende kunsmis. Sny jou grasperk lekker kort as hy te dik begin raak voor jy mis toedien .

Osteospermums is nou volop te koop by ons tuinsentrums. Hierdie helder madeliefblomme is n fees in die tuin en is vroeglente oortrek van blomme in helder kleure. Daar is baie verskillende kleure , maar die gewone pers en geel is die ywerigste groeiers en vorm n mooi bos. Hulle kos effe meer as 6 saailinge , maar is meerjarig en dek n groot area. Probeer hulle gerus !!

Stuur vir my vrae of voorstelle by zelda@zeseiendomme.co.za of gesels sommer net lekker !

Print
07
Aug

Sodwana groen kuier !

on Wednesday, 07 August 2013 10:46.

Ek laai graag n paar fotos van Sodwana se mooi natuur en ook blomme uit plaaslike tuine. Veral die blaremat op die woudvloer sal wys hoekom groen voorstaanders almal aanmoedig om n deklaag te gooi in jou beddings !! Dit maak natuurlik en finansieel sin ! Die deklaag behou vog , keer teen erge koue en ryp en voorkom ook onkruid groei ! En is kos vir erdwurms en dan weer vir die plante .

Onthou om die laaste naweek in Augustus oop te hou vir Clark's Tuinsentrum se 35 ste verjaardag en lenteviering met spesiale aanbiedinge !!

Snoei nou rose en vrugtebome , maar seel asseblief net die afgesnyde takke met roosseellaar en sny die takkies skuins om te keer dat water op die tak staan en siektes veroorsaak . Ludwig reken daar is nie n verkeerde manier van snoei nie , doen dit net !

Spaar op elke manier moontlik water. Gee soggens water en nie laatmiddag om rypskade te voorkom .

Geniet elke dag jou tuin en ons mooi natuur !!DSCN3804

 

Print
10
Jun

Grand Designs Home and Garden Show

on Monday, 10 June 2013 12:46.

Grand Designs se skou vanaf 24 -26 Mei 2013 by die Coca Cola Dome was n ondervinding. My fokus was natuurlik op die tuindeel en daar was die Saterdag 8 sprekers wat gesels oor aspekte van tuinmaak . Die neiging bly na al meer natuurlik , spit so min moontlik,maar maak kompos en gooi deklae sodat die grond natuurlik kan herstel . Jane Griffiths het geen tuinbou opleiding , maar haar eie tuin se ondervindinge het haar al 2 boeke laat skryf.

Anja Taschner , dogter van Ludwig van Ludwig's rose het gepraat oor rose se kleure en geure. Sy deel ook geskenke uit waaronder roosprodukte soos konfyt .  Tanya Visser van Die Tuinier tydskrif gesels oor tuinmaak en plant n pot vol plante terwyl sy verduidelik hoekom sy daardie plante gekies het. Sy gee die pot weg aan n gelukkige toeskouer.

Tuinraad vir Junie is om alles met rypdoek te bedek wat vatbaar is vir koue en ryp . En maak kompos van al die herfsblare of hark dit direk in jou beddings. Onthou - n deklaag :

                                             hou vog in grond

                                             hou grondtemperature konstant ,beskerm wortels teen koue

                                             verskaf voeding wanneer afgebreek deur natuur

                                             en verminder groei van onkruide

                                             en spaar jou geld !!

Bolle kan nog geplant word vir lentekleur ! Moenie te vroeg snoei nie , laat koue kan net jou nuwe uitloopsels laat doodryp. Lees die natuur , ons seisoene is effe later deesdae. En werk saam met en nie teen die natuur ! Die Skepper se plan altyd beter ! Geniet julle tuine en deel dit met vreugde !

Kontak Groen Vingers

captcha
Reload